Stefan van Wyk
Introducing Stefan v Wyk as one of our 1st Male ambassadors
Stefan's story:
Stefan is 'n 400m en 200m sprinter en my atletiek loopbaan het amptelik begin in 2016 toe hy 15 jaar oud was. Hy het daardie jaar die Suid-afrikanse kampioenskappe gewen in die 400m klas met n nuwe SA rekord van 48.88 sekondes. Die aflosse was nog altyd vir hom 'n groot passie in atletiek en het daarin ook deelgeneem. Hul span het die 4 by 100m aflos gewen , asook die medley aflos met n nuwe SA rekord ( wat vandag nog staan). Later die jaar het hy by die school of speed van PUMA internasionaal gaan deelneem waar hy 'n persoonlike beste van 48.32 in die 400m wedloop gehardloop het.
Die hoof direkteur van Puma ( Grant Hamilton) het vir hom by daardie byeenkoms raakgesien en vir hom 'n volledige borgskap aangebied om Puma op sosiale media platforms te bemark en om hulle klere brand om die atletiek veld te laat groei.
In 2017 het hy meer gefokus op die 200m item en het Wes-kaap klere daarvoor
behaal met n persoonlike beste van 21.21 sekondes. 2017 het ek ook in die
aflosse weer deelgeneem by SA Skole atletiek en het silver in beide behaal.
Top 10 byeenkomste aan die einde van die jaar doen, waar hy 12 wedlope vir
die 400m gedoen het en 7 vir die 200m. Hy voel geseend om in elke wedloop
goud te wen en glo dat dit sy deurbraak jaar was om in 2019 weer op SA Skole
uit te blink.
In 2019 het hy weer die geleentheid gehad om op SA Skole deel te neem en
het weer sy mikpunt in die 400m en aflosse behaal. Hy het brons medalje in
die 400m wedloop behaal en in beide aflosse silver medaljes verower.
2020 ( huidige jaar) Het hy 'n kontrak by Kovsies atletiek in Bloemfontein
gekry om saam met die wereld rekord houer in die 400m wedloop , Wayde van
Niekerk te kan oefen. Hy ken al vir Wayde vanaf 2016 omdat ek op n gereelde
basis as n skoolkind by tannie Ans ( wayde se afrigter) geoefen het. Sy planne
vir my verdere atletiek loopbaan is om te fokus Net op my 400m item en voor
te berei vir IAAF byeenkomste in 2021.
PLAASLEWE
Hy is betrokke vanaf hierdie jaar by Lancewood ( een van Suid-afrika se grootste melkplase) . Omdat die lockdown ingstel is het hy vanaf Bloemfontein afgekom om op die plaas saam met sy pa in George te kom werk. Hy is besig om my boerdery ondervinding op te doen met die trekkers en TLB masjiene met die doel om oor n paar jaar in Amerika te gaan werk op die stropers in North Dakota.
MODE OPERANDI AMBASSADOR
Stefan het saam Mode Operandi begin werk in September 2020 omdat hy van Mode Operandi se klere drag gehou het en 'n groot passie het vir die jag lewe.
Stefan is verskriklik opgewonde om saam Mode Operandi die ''Brand'' te laat groei en het sommer vinnig deel van die FAMILIE geword.
Nie net is Stefan Mode Operandi se ambassador nie maar ook die mans model wat vir fotos gebruik word op die webtuiste asook alle sosiale platforms.
Ons is baie opgewonde om Stefan deel te he van ons span en kannie wag vir wat die toekoms in hou nie